Opening en Verwelkoming a Die Adjunk-voorsitter van die Raad van Trustees, me. Vuyelwa Vumendlini-Schalk, het die vergadering om 10:00 geopen.
b Die vergadering het kennis geneem dat me. Vumendlini-Schalk die vergadering ingevolge GEMS se Reël 28.1.8 sou lei omdat die Voorsitter, prof. Richard Levin, in sy hoedanigheid as Direkteur-generaal van die Departement van die StaatsdiensenAdministrasiediebegrotingsposdebatvandieMinistervirdieStaatsdiensenAdministrasiebygewoonhet.
c Die Voorsitter van die vergadering het bevestig dat die kworumvereiste van 30 lede ingevolge GEMS se Reël 28.1.3 nagekom is.
d Met die vergadering behoorlik gekonstitueer om voort te gaan en die punte op die sakelys af te handel, het die Voorsitter van die vergadering bevestig dat die kennisgewing wat die Derde Algemene Jaarvergadering van die lede van die Skema byeenroep,saammetdievoorlopigesakelys,dieRaadvanTrusteesseverslag,dieverkortegeouditeerdefinansiëlejaarstate en die ouditeursverslag ooreenkomstig die Reëls van die Skema voor die einde van Mei 2009 aan lede gestuur is.
e Die Voorsitter van die vergadering het die lede teenwoordig, asook die volgende persone, by die vergadering verwelkom:
Die trustees van die Skema wat in die tydperk onder beskouing in die Raad gedien het;
Die onafhanklike Voorsitter van die Ouditkomitee van GEMS, dr. DP van der Nest;
f 'n Videoboodskap van die Voorsitter van die Raad van Trustees, prof. Richard Levin, oor die Skema se hoogtepunte in 2008 is aan die vergadering vertoon.
g Die Voorsitter van die vergadering het die Hoofbeampte van die Skema, dr. Eugene Watson, die geleentheid gegee om aan die vergadering verslag te doen oor die bedryfsvertoning van die Skema in die tydperk onder beskouing. Dr. Watson het daarop die uitstaande kenmerke van die Skema se vertoning aan die hand van die goedgekeurde strategiese plan vir 2008 aan die vergadering geskets, asook sleutel-sakeaanwysers en tendense wat in die oorsigtydperk na vore gekom het.
Aanvaarding van die AJV se sakelys a Die Voorsitter het die sakelys vir aanvaarding ter tafel gelê en lede daaraan herinner dat ingevolge GEMS se Reël 28.1.5, enige lid wat kwessies vir bespreking en goedkeuring by algemene jaarvergaderings op die sakelys wil plaas, dit mag doen op voorwaarde dat die Hoofbeampte sodanige voorgestelde resolusie nie later nie as 10 dae voor die algemene jaarvergaderingontvang.Só'nvoorgestelderesolusiemoetsaamgaanmet'nverduidelikendememorandum,watduidelik aandui waarom die voorgestelde resolusie oorweeg moet word en ook die agtergrond skets wat tot die voorgestelde resolusie aanleiding gegee het. Dit is ook 'n vereiste dat die voorgestelde bewoording van die resolusie voorgelê word.
b Die Voorsitter van die vergadering het bevestig dat lede geen voorgestelde resolusies in ooreenstemming met die bepalings van GEMS se Reël 28.1.5 ingedien het nie en het voorgestel dat die sakelys wat by die registrasietafel aan lede oorhandig is, aanvaar word. Die vergadering het kennis geneem dat sommige lede hul volmagvorms gebruik het om aanbevelings aan die skema in te dien en dat hierdie sake in die sessie vir vrae en antwoorde behandel sou word. Mnr. AdriaanvanWykhetvoorgesteldatdiesakelysgoedgekeurwordendievoorstelisdeurmnr.JohnThembagesekondeer.
Goedkeuring van Resolusies a Die Voorsitter van die vergadering het bevestig dat drie voorgestelde resolusies aan die vergadering voorgelê is, naamlik:
i Die ontvangs en goedkeuring van die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering van lede wat gehou is op 30 Junie 2008;
ii Die voorlegging en goedkeuring van die finansiële jaarstate vir die jaar tot 31 Desember 2008, en iii Die aanstelling van die eksterne ouditeure van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009.
b Die vergadering het kennis geneem dat ingevolge die Reëls van die Skema, resolusies op enige algemene jaarvergadering goedgekeur word by wyse van 'n gewone meerderheidstem van al die lede teenwoordig en verteenwoordig deur 'n gevolmagtigde.
cDie Voorsitter het die vergadering ingelig dat die Skema teen die afsnydatum van 19 Junie 2009 207 geldige volmag-aanstellingsvorms van lede ontvang het. Altesame 48 volmagvorms moes weggegooi word omdat dit verkeerde of geen lidmaatskapnommers bevat het, of persone wat nie lede van die Skema is nie as gevolmagtigdes aangewys het.
d Die vergadering het verder kennis geneem dat die lede van die Skema wat deur ander lede aangewys is om namens hulle te stem almal trustees en lede van die Skema se Uitvoerende Bestuurspan is. Die persone wat só aangestel is, het op 23 Junie 2009 op 'n vergadering van die Raad van Trustees aangedui hoe hulle wil stem ten opsigte van elke resolusie wat op die vergadering ter tafel gelê is.
e Nadat elk van die volgende resolusies ter tafel gelê en bespreek is, het die Voorsitter die lede ingelig oor hoe die aangestelde gevolmagtigdes gestem het en die resolusies vir goedkeuring ter tafel gelê.
f Goedkeuring van die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering van lede gehou op 30 Junie 2008.
Die Voorsitter het lede ingelig dat die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering van lede wat gehou is op 30 Junie 2008 by die Boardwalk-konferensiesentrum, Port Elizabeth, ingesluit is in die Jaarverslag vir 2008 wat aan lede versprei is en die Notule vir goedkeuring ter tafel gelê.
Die lede het kennis geneem dat:
die Raad van Trustees die konsepnotule van 24 April 2009 oorweeg en die mening uitgespreek het dat dit 'n ware weerspieëling van die verrigtinge op die Skema se Tweede Algemene Jaarvergadering van lede gehou op 30 Junie 2008 was; en lede volgens die volmagvorms wat ontvang is ten gunste van die aanvaarding van die Notule van die TweedeAlgemeneJaarvergaderingvanledegehouop30Junie2008gestemhetas 'nakkurateweerspieëling van die vergadering, terwyl 1 lid buite stemming wou bly.
iii Die Voorsitter het die notule vir goedkeuring ter tafel gelê.
iv Die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering is goedgekeur nadat mnr. Manganyi Abraham voorgestel het dat die vergadering die notule aanvaar. Die voorstel is deur mnr. Nxumalo Themba gesekondeer.
g Goedkeuring van die Finansiële Jaarstate vir die jaar tot 31 Desember 2008:
Die Voorsitter van die vergadering het die Skema se finansiële jaarstate vir die jaar tot 31 Desember 2008 vir goedkeuring ter tafel gelê en die vergadering ingelig dat lede voor die vergadering van die geouditeerde verkorte finansiële state voorsien is.
Die eksterne ouditeur van die Skema, mnr. Johann Strauss van die firma SizweNtsaluba VSP, is aan die teenwoordige lede voorgestel en het daarop sy eksterne onafhanklike bevestiging van die inligting verskaf aan lede in die Jaarverslag van die Raad van Trustees vir 2008 aan die vergadering voorgelê. Die eksterne ouditeur het bevestig dat die Skema 'n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2008 ontvang het en dat die Skema goed bestuur word.
iii Die Voorsitter van die vergadering het die aanwesige lede ingelig dat volgens die volmagvorms wat ontvang is, 205 lede ten gunste van die goedkeuring van die Finansiële Jaarstate vir 2008 gestem het, terwyl geen lede teen die aanvaarding van die finansiële state was nie. Twee lede wou buite stemming bly.
iv Die Voorsitter het aanbeveel dat die vergadering die Skema se Finansiële State vir die jaar tot 31 Desember 2008 aanvaar. Die resolusie is goedgekeur nadat mnr. Elliot Nyathikazi voorgestel het dat die Skema se Finansiële State vir die jaar tot 31 Desember 2008 aanvaar word en die voorstel deur me. Sibongile Nkosi gesekondeer is.
h Aanstelling van SizweNtsaluba VSP as die eksterne ouditeure van die Skema:
i Die vergadering het kennis geneem dat SizweNtsaluba VSP met ingang van 1 Januarie 2006 deur die Skema se Tussentydse Raad van Trustees aangestel is nadat 'n formele tenderproses in 2005 gevolg is. Die firma is deur die lede van die Skema heraangestel om die finansiële state van die Skema vir die tydperk tot 31 Desember 2007 te
ii Die vergadering het gehoor dat 'n oop tenderproses gevolg is om 'n ouditfirma vir aanstelling as eksterne ouditeure van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 te identifiseer.
iii Die Voorsitter van die vergadering het die onafhanklike Voorsitter van die Ouditkomitee van die Skema, dr. DP van der Nest, aan die lede van die Skema voorgestel.
Dr. Van der Nest het 'n oorsig van die aankoopproses wat gevolg is aan die vergadering voorgehou en die aanwesige lede ingelig dat SizweNtsaluba VSP by wyse van 'n oop en deursigtige proses vir aanstelling geïdentifiseer is.
Dr. Van der Nest het aanbeveel dat die lede die aanstelling van SizweNtsaluba VSP as die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 goedkeur.
Die Voorsitter van die vergadering het die aanwesige lede ingelig dat 201 lede volgens die volmagvorms wat ontvang is, ten gunste van die goedkeuring van die resolusie rakende die aanstelling van die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 gestem het. Twee lede het teen die aanvaarding van die resolusie gestem en 4 lede wou buite stemming bly.
vii Die Voorsitter van die vergadering het gevra dat lede die aanstelling van SizweNtsaluba VSP om die finansiële state van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 te oudit, aanvaar, onderworpe aan die voorwaarde dat die Registrateur van Mediese Skemas die aanstelling van die ouditfirma goedkeur. Die resolusie is goedgekeur nadat mnr. Patrick Malatjie voorgestel het dat SizweNtsaluba VSP aangestel word as die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009. D
Die Mediese Skema vir Staatswerknemers (GEMS), die grootste beperkte mediese skema in die land, asook algeheel die naasgrootste mediese skema, het 2009 betree as 'n betekenisvol getransformeerde onderneming van drie jaar oud.
Die Skema het in 2009 voortgegaan om te groei en ondanks hierdie voortgesette groei, die suiwer grootte van die onderneming en die uitdagings wat ontstaan het, 'n aantal betekenisvolle prestasies in 2009 behaal. Die Raad van Trustees van GEMS is trots op die vooruitgang wat die Skema gemaak het, die manier waarop die uitdagings wat in 2009 na vore gekom het bestuur is, en hoe die belange van die begunstigdes van GEMS te alle tye beskerm is.
Dit is vir my aangenaam om namens die Raad van Trustees 'n oorsig te gee van die werk wat die Raad in 2009 gedoen het en die Verslag van die Raad vir die tydperk tot 31 Desember 2009 aan die lede van GEMS voor te hou.
Missie, visie en waardes
Die Raad het die Skema se missie, visie en waardeverklarings by sy strategiese beplanningsessie op 11 en 12 Desember 2008 hersien. Die Raad het bevestig dat die riglynverklarings wat in 2008 bekendgestel en gevestig is, in 2009 relevant en toepaslikgeblyhet,behalwevirdiebyvoegingvanomsigtigheid as'nwaardewathooggeagworddeurdieRaad.DieRaadhet in die tydperk onder beskouing aktief daarna gestreef om die volgende riglynverklarings te beliggaam:
Missieverklaring
Om aan alle staatsdienswerknemers gelyke toegang tot bekostigbare en omvattende gesondheidsorgvoordele te bied.
Visieverklaring n Uitnemende, volhoubare en doeltreffende mediese skema vir alle staatsdienswerknemers.
Waardeverklaring
Uitnemendheid
Eenvoud
Duidelike kommunikasie
Lidgerigtheid
Konsekwente toepassing
Buigsaam
Vernuwend
Gevoelig en reagerend
Waarde vir geld
Omsigtigheid
Strategiese Beplanning
Die Skema se streng korporatiewe beheerstelsel noodsaak die ontwikkeling van 'n strategiese plan vir die kort en medium termyn wat die sake van die Skema rig en stuur. GEMS se welslae kan toegeskryf word aan die sterkte van sy beheer- en bestuurstrukture, asook die nougesette strategiese beplanning wat gedoen word - gesamentlik het hierdie twee faktore verseker dat GEMS 'n rekord opgebou het van suksesvolle inwerkingstelling van sy strategiese jaarplanne en bereiking van die doelwitte wat daarin gestel is.
Die Raad het sy strategiese beplanning vir 2009 gedoen bewus van die feit dat die Skema ontwikkel het tot 'n volwasse organisasie gekenmerk deur 'n gesonde bedryfsomgewing en streng finansiële bestuurstelsels. Beplanning is gedoen met die oog daarop om GEMS verder te posisioneer as 'n uitnemende, doelteffende en doelmatige mediese skema vir werknemers in die staatsdiens.
Die tema van die Strategiese Plan wat deur die Raad vir 2009 goedgekeur is, was "Toegang tot uitnemende gesondheidsorg wat bekostigbaar en administratief doeltreffend is" en die plan was gemik op die handhawing en verbetering van die bedryfsaspekte van die onderneming. Terselfdertyd moes dit ook die Skema die geleentheid gee om te begin met ondersoeke na die verhoogde voorsiening vir, of bestryding van koste rakende gesondheidsorgdienste wat lede nodig gehad en ontvang het. Die plan was toegespits op die werk wat nodig was om 'n stewige grondslag te lê wat GEMS in 'n gunstige posisie plaas om sy aanbiedinge en waarde-onderneming in ooreenstemming met die verwagtinge van beide die begunstigdes van die skema en sleutelbelanghebbers soos die werkgewer te begin bring. Vir hierdie doel is die strategiese doelwit van "Inwerkingstelling van dinamiese gesondheidsorgbestuur wat die Skema se kliniese risikoprofiel sal verbeter" by die plan ingevoeg. Die ander strategiese doelwitte in die plan was:
Om GEMS doeltreffend te bemark en te posisioneer as 'n Uitnemende Mediese Skema vir alle lede en potensiële lede, en die getal werknemers sonder dekking in die staatsdiens beduidend te verminder.
Om 'n gesonde beheerstelsel te handhaaf, waar rekenpligtigheid, verantwoordbare voldoening en doeltreffende belanghebberverhoudings sentraal staan.
Om Skemadienste en bedryfsbeheer te handhaaf en te optimaliseer, met uitnemende diensleweringsvlakke en doeltreffende lededienste.
Om oorskotte te bewerkstellig, voldoende reserwes op te bou en gesonde rekenkundige standaarde te handhaaf.
Om korporatiewe skemadienste te handhaaf en te verbeter.
Om risiko pro-aktief en doeltreffend te bestuur, met die oog daarop om die Skema se blootstelling aan verlies te beperk.
Die Raad het kwartaal-en tussentydse vorderingsverslae van die Skema se Bestuur ontvang oor voldoening aan prestasie-aanwysers vervat in die strategiese plan vir 2009 en is tevrede dat die strategiese doelwitte teen 31 Desember 2009 gehaal is.
Korporatiewe Beheer in 2009
Die Raad het die samestelling van die Komitees wat in 2009 deur die Raad ingestel is, hersien sodat die vaardighede en kundigheid van trustees en onafhanklike Komiteelede ten volle benut kon word. Die Raad se hersiening het ook oorweging van die toepaslikheid van die opdrag van die Komitees ingesluit en klein veranderinge was nodig.
Trustees wat in 2009 in die Komitees gedien het, word in afdelings 7 en 8 van die Raad se Verslag aangedui. Die Raad het in sy jaarlikse Beoordeling van Raadsdoeltreffendheid bevestig dat die Komitees goed funksioneer en verslaggewing aan die Raad van 'n hoë gehalte is.
Die Onafhanklike Komiteelede wat in die Skema se Oudit-, Ex Gratia-en Dispuutkomitees dien, word deur die Raad aangestel vir ampstermyne van drie jaar en die termyne van 'n paar van hierdie komiteelede het in die oorsigtydperk verstryk. Die Raad het al hierdie Komiteelede vir 'n verdere termyn van drie jaar aangestel, wat in 2012 verstryk.
Trustees en onafhanklike Komiteelede het weer omvattende opleiding in korporatiewe beheer ontvang. Dit het ingesluit die vereistes van die King III-verslag oor Korporatiewe Beheer, wat "binnekort geïmplementeer moet word", asook finansiële bestuur van mediese skemas, tersaaklike wetgewing, ontwikkelings in die bedryf waaronder die beoogde Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel en etiese korporatiewe beheer. Nege opleidingsessies is in 2009 gehou. Trustee-opleiding sal in 2010 geïmplementeer word ingevolge 'n trustee-opleidingsbeleid, wat deur die Raad vir inwerkingstelling op 1 Januarie 2010 goedgekeur is.
DiemaatreëlswatdieSkemarakendeetiesekorporatiewebeheertoegepashet,isindieoorsigtydperkverskerpmetdieinstelling van'nkontroleringsprosesvirtrustees,onafhanklikekomiteeledeenwerknemers.DiekontroleringsprosesisdeelvandieSkema se raamwerk vir etiese korporatiewe beheer, wat die Skema se beheer-en bestuurstrukture, Personeelbestuurspraktyke, Bestuur van die Aanbodketting en die Bedrogvoorkomingsbeleid en -plan, omspan.
Die Skema se jaarlikse Beoordeling van Raadsdoeltreffendheid is in September en Oktober 2009 gedoen. Die Raad het 'n selfbeoordelingsmodel met die hulp van 'n onafhanklike ouditfirma toegepas en die bevinding was dat die Raad en die Komitees van die Raad goed vertoon het.
Ooreenkomstig die geregistreerde reëls van GEMS sal die dienstermyne van 50% van die trustees in die huidige Raad van Trustees in Julie 2010 ten einde loop. 'n Nuwe Raad sal saamgestel word om op 21 Julie 2010 diens te aanvaar. Vir hierdie doel sal die hooflede van die Skema drie nuwe trustees verkies, terwyl die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ook nuwe trustees sal aanstel om 50% van die Raad vol te maak. Die verkiesing van trustees sal ooreenkomstig die geregistreerde reëls van GEMS geskied, wat die volgende voorskrifte bevat:
Die verkiesing van Lidverkose Trustees moet per stembrief en in ooreenstemming met 'n prosedure uiteengesit in hierdie reëls plaasvind.
'n Onafhanklike persoon of liggaam aangestel deur die Raad moet toesig oor die verkiesing van Lidtrustees hou en moet ná die verkiesing 'n verslag aan die Raad voorlê waarin die onafhanklike persoon of liggaam die Raad inlig oor:
Of hulle tevrede is dat die verkiesing vry en regverdig was en in ooreenstemming met die prosedure goedgekeur is deur die Raad ingevolge hierdie reëls;
Die name van die Lede wat as trustees verkies is en die name van die persone wat tot die Raad herverkies is, en
Moet sertifiseer dat daardie persone wat as Lidtrustees verkies is, inderwaarheid waardige Lede is.
As die Raad ná oorweging van die verslag van die onafhanklike persoon of liggaam tevrede is dat die verkiesing in ooreenstemming met die prosedure deur die Raad bepaal plaasgevind het en dit 'n vrye en regverdige verkiesing was, moet die Hoofbeampte die verkose Lede skriftelik in kennis stel van hul verkiesing en die datum, tyd en plek van die volgende vergadering van die Raad. Hulle moet ook uitgenooi word om die vergadering by te woon.
Die Raad moedig die hooflede van die Skema aan om deel te neem aan die 2010-verkiesingsproses met inagneming daarvan dat die Raad van Trustees die belangrike verantwoordelikheid het om na die Skema se administratiewe en finansiële sake om te sien en dit te doen in die beste belang van die lede. Dit is daarom belangrik dat lede daarna streef om trustees met integriteit te verkies, en wat toepaslike vaardighede en ondervinding het om die pligte van 'n Trustee uit te voer.
Strategiese Uitdagings in 2009
Die Skema se prestasies word in meer besonderhede in die Hoofbeampte se Bedryfsverslag bespreek. Uitdagings en nuwe werk wat nie voorsien is toe strategiese beplanning vir 2009 gedoen is nie, het in die loop van 2009 na vore gekom. Die Raad van Trustees en die bestuur het hierdie uitdagings deurtastend aangepak en verseker dat die Skema deurgaans daarop toegespits gebly het om die Skema se missie en visie na te streef sonder dat die Skema se waardeverklarings in gevaar gestel word. Van hierdie uitdagings en nuwe werk het ingesluit die oorplasing van MEDCOR se sake na GEMS, die inwerkingstelling van terugwerkende salarisverhogings vir werknemers in die staatsdiens met 'n uitwerking op ledebydraes en skuld, en 'n heroorweging deur die Raad op Mediese Skemas van GEMS se reëls rakende wie lidmaatskap kan verkry.
Gesprekke tussen die Skema en sleutel-belanghebbers het uitgeloop op 'n besluit deur die Raad om toe te stem tot die oordrag van die sake van MEDCOR na GEMS ingevolge artikel 63 van die Wet op Mediese Skemas, 1998.
Belanghebbersbesluite met 'n uitwerking op die transaksie het verskeie vertragings meegebring voordat met die werk begin kon word wat nodig was om die transaksie af te handel ooreenkomstig die tydsraamwerke neergelê deur die Raad op Mediese Skemas. Die transaksie is suksesvol en ingevolge alle tersaaklike wetlike vereistes deurgevoer, wat ingesluit het die publikasie van 'n uiteensettingvandietransaksiesoosdeurdieRaadopMedieseSkemasgoedgekeur,asookdiegoedkeuringvandietransaksie deur die Mededingingskommissie.
Die sakebedrywighede van MEDCOR is met ingang van 1 Januarie 2010 na GEMS oorgedra ingevolge 'n Memorandum van Verstandhouding gesluit tussen die twee skemas.
Die indiensnemingskontrakte van drie MEDCOR-werknemers is na GEMS oorgedra, terwyl twee senior werknemers van MEDCOR skeidingspakkette ontvang het.
MEDCOR is met ingang van 21 Januarie 2010 as mediese skema deur die Raad op Mediese Skemas gederegistreer en die ontbinding van die bedrywighede van MEDCOR is op 30 April 2010 afgehandel.
Ooreenkomstig die beleid van mediese bystandsubsidie van toepassing op die staatsdiens, ingesluit die Departement van Korrektiewe Dienste, kon die lede van MEDCOR op 'n vrywillige grondslag by GEMS aansluit. Namens die Raad van Trustees, wil ek die gewese lede van MEDCOR wat by GEMS aangesluit het, welkom heet.
Terugwerkende salarisverhogings in die Staatsdiens
Die Skema se geregistreerde bydraetabel is op inkomste gegrond en lede betaal maandeliks bydraes ooreenkomstig hul maandelikse inkomste. 'n Salarisverhoging in die loop van 'n jaar kan meebring dat 'n lid 'n groter bydrae betaal, maar dieselfde voordele-opsie behou omdat hy kwalifiseer vir 'n hoër-inkomstegroepering.
GEMS-ledehetin2009salarisblok-aanpassings(die16salarisvlakkeistot12verminder),jaarlikselewenskoste-salarisverhogings sowel as Beroepspesifieke Bedelings (BSB's) ervaar. Hierdie veranderinge is terugwerkend van krag gemaak, wat beteken het dat daardie lede wat hoër bydraes moes betaal ook bydraeskuld bygekry het.
Hoewel die Skema die inkomsteblokke met ingang van 1 Januarie 2009 pro-aktief by die bydraeblokke aangepas het om die uitwerking van die 2009-salarisverhogings in die staatsdiens te temper, het die salarisse van GEMS-lede vanweë die BSB's en salarisblokaanpassings betekenisvoller verander as wat verwag is. Die Raad het ontevredenheid onder lede en belanghebbers wat hieruit gespruit het, gemonitor en ook die meganismes tot beskikking van die Skema oorweeg om hierdie onbedoelde gevolge van die inkomstegegronde premies op GEMS-lede en die Skema se skuldbestuurspraktyke te temper.
Werk sal in 2010 gedoen word om inkomsteblokke só aan te pas dat voorkom word dat 'n beduidende persentasie lede deur salarisaanpassings geraak word en om 'n gelykmatige verspreiding van salarisvlakke en lede in elke inkomsteblok te verseker. 'n Reëlverandering sal ook bedink word om die invordering van terugwerkende uitstaande bydraes voortspruitend uit salarisaanpassings te voorkom.
GEMS is geregistreer as 'n mediese skema met beperkte ledetoelating en die verkryging van lidmaatskap word bepaal deur die geregistreerde reëls van die Skema. Ingevolge die huidige reëls kan werknemers van nasionale en provinsiale departemente en regeringsafdelings genoem in artikel 7 van die Staatsdienswet, 1994, soos gewysig, en werknemers van entiteite wat deur die Raad van Trustees as deelnemende werkgewers erken word, lidmaatskap verkry.
Die Raad van Mediese Skemas het vereis dat die Reëls gewysig word sodat die Raad van Trustees nie meer na goeddunke entiteite in die openbare sektor buite die bestek van die Staatsdienswet kan insluit nie. 'n Reëlverandering is deur die Skema ingedien, maar die Raad se voorstel was dat die sfeer van GEMS se ledetoelating vergroot word.
Dieuitwerkingopdiebedryf-enfinansiëleposisievandieSkemametspesifekeverwysingnadiehaalvandiereserweverhouding vereis deur die Regulasies, is verreikend. Die belangrikheid daarvan om die belange van die begunstigdes van GEMS te beskerm, beteken die Skema sal in 2010 verder met die Raad op Mediese Skemas praat om te verseker dat die Skema se reëls rakende ledetoelating in ooreenkoms bly met die Staatsdiensmandaat wat by sy stigting aan GEMS gegee is.
Diensleweringservaring van Lede
Dit is die Raad se verantwoordelikheid om te verseker dat die belange van lede beskerm word ingevolge artikel 57 (a) van die Wet op Mediese Skemas, en dat hulle volle en doeltreffende toegang het tot die voordele waarop hulle as lede van GEMS geregtig is.
Ooreenkomstig die Raad se verantwoordelikheid en die Skema se missie om aan alle staatsdienswerknemers gelyke toegang tot bekostigbare en omvattende gesondheidsorgvoordele te bied, is 'n aantal stappe geneem om toegang en lede se ervaring van dienslewering te verbeter.
Die volgende nuwe ontwikkelings is noemenswaardig:
Die Raad het goedkeuring gegee vir die geleidelike vertaling van al die Skema-en lede-kommunikasiestukke in al 11 amptelike tale. Die projek het in 2009 begin en sal oor drie jaar tot 2012 strek.
Die Skema het die gebruik van sake-antwoordkoeverte met betrekking tot ledekommunikasie waar reaksie van lede vereis word, ingevoer.
Die GEMS-kraamprogram is ingestel om te verseker dat verwagtende moeders sorg van hoë gehalte gedurende swangerskap ontvang en om die risiko van moontlike komplikasies te help verminder.
n SMS-voordelenavraagdiens waar lede kan vasstel watter voordele aan hulle en hul geregistreerde afhanklikes beskikbaar is, is vir alle voordele-opsies ingestel.
Alle bestaande instapsentrums vir lede is opgeknap en party het na nuwe en beter persele geskuif. 'n Tweede instapsentrum is in elke provinsie geopen om dit vir lede makliker te maak om "aangesig-tot-aangesig"-diens te ontvang.
Kwartaallikse bydraestate is ingestel om lede te help om premies by te hou.
Verlengde diensure is vir die oproep-en instapsentrums vir lede ingestel, waaronder dienste op Saterdae.
Verskeie "aanlyn"-geriewe is vir lede beskikbaar gestel, soos die gerief op die amptelike GEMS-webtuiste om jaareinde-opsieveranderinge te versoek
Mosie van dank
Die Raad van Trustees het in die oorsigtydperk koersvas en pligsgetrou gewerk. Altesame 33 Raads-en Komiteevergaderings is gehou en geen vergadering moes in die tydperk onder beskouing herskeduleer word weens die gebrek aan 'n kworum nie. Raads-en Komiteevergaderings is op 'n produktiewe en doeltreffende wyse gelei wat die Raad in staat gestel het om alle belangrike kwessies binne sy invloedsfeer te hanteer. Die trustees se onwrikbare toewyding aan die begunstigdes van die Skema het 'n kenmerk van hierdie Raad gebly en ek wil die trustees bedank vir hul bydrae tot nog 'n suksesvolle jaar vir die Skema.
Ek wil ook my waardering uitspreek teenoor me. Vuyelwa Vumendlini-Schalk, die Adjunk-voorsitter van die Raad, vir haar bydrae tot die doeltreffende funksionering van die Raad.
Dr. DP van der Nest, die onafhanklike Voorsitter van die GEMS-ouditkomitee, het die vergaderings van die Raad in 'n nie-amptelike hoedanigheid bygewoon en ek wil hom ook bedank vir sy bydrae om te verseker dat die Skema se beheeromgewing voldoende en doeltreffend gebly het.
Daarby wil ek mnr. Velile Mbethe, dr. Tertius Geldenhuys en dr. Eugene Watson bedank vir hul voorsitterskap van die Raadskomitees vir onderskeidelik Korporatiewe Beheer en Risiko, Bedryf en Ex Gratia-aangeleenthede in die jaar onder beskouing.
Onafhanklike Komiteelede
Die onafhanklike Komiteelede deur die Raad aangestel om op die Skema se Oudit-, Ex Gratia-en Dispuutkomitee te dien, het weer wesenlik bygedra tot die welslae behaal deur die Skema in 2009 en namens die Raad wil ek die lede bedank vir hul waardevolle bydraes en die kundigheid wat hulle tot beskikking van die Raad en Skemabestuur gestel het.
Hoofbeampte
Namens die Raad wil ek my hartlikste dank betuig teenoor dr. Eugene Watson, Hoofbeampte van GEMS. Die Hoofbeampte het nogmaals voldoen aan die Raad se verwagtinge en die vertroue in hom gestel en het die Raad deurgaans beïndruk met sy toewyding en entoesiasme vir GEMS. Die Hoofbeampte het die goedgekeurde Strategiese Plan vir 2009 suksesvol toegepas en verseker dat die sakebedrywighede van die skema doeltreffend en glad loop.
Die Raad is verheug oor die resultate behaal deur die Skema se Uitvoerende Bestuur en personeelkomponent onder die bekwame leierskap van die Hoofbeampte.
Die Raad sal die leisels op 21 Julie 2010 aan 'n nuwe Raad van Trustees oorgee en is vol vertroue dat die nodige grondslag gelê is vir die Skema om sy prestasies verder uit te bou.
In 2009 het die Skema die behoefte raakgesien om sy nastrewing van uitnemendheid van bloot bedryfsbeheer en versekeringsaspekte van die onderneming uit te brei na gesondheidsdienste - wat toevallig dieselfde area is waarvoor 90% van die Skema se geld toegewys word - en hoe die Wet op Mediese Skemas die onderneming van 'n mediese skema definieer. Die Strategiese Plan vir 2009 wat deur die Raad van Trustees aanvaar is, vereis dat die Skema bou op bestaande suksesse en strewe na welslae in die gesondheidsorg-arena deur vernuwing, deeglike ontledings, nougesette beplanning en dinamiese gesondheidsrisikobestuur.
Die tema vir 2009, "Toegang tot uitnemende gesondheidsorg wat bekostigbaar en administratief doeltreffend is", was gemik op die handhawing en verbetering van die bedryfsaspekte van die onderneming. Terselfdertyd moes dit ook die Skema die geleentheid gee om te begin met ondersoeke na die verhoogde voorsiening vir, of bestryding van koste rakende gesondheidsorgdienste wat lede nodig gehad en ontvang het. GEMS het begin werk aan 'n verandering van die manier waarop dit optimale toegang tot gesondheidsorgdienste aan lede verskaf. Die werk wat in 2009 gedoen is, bied 'n stewige grondslag vir verdere werk in hierdie verband.
Toepassing van 2009 se strategiese plan
Die jaarlikse strategiese plan gee uitvoering aan die Raad se verantwoordelikhede deurdat dit die werksaamhede van die Hoofbeampte en bestuur rig, beheermaatstawwe verskaf waarteen prestasie gemonitor kan word en verseker dat die sake van die Skema doeltreffend en glad loop. Voorts stel die strategiese plan die Raad in staat om alle aspekte van die sakebedrywighede van die Skema te beoordeel en te verseker dat die onderneming nie net doeltreffend nie, maar ook volhoubaar bedryf word.
As die Hoofbeampte is ek die rekenpligtige beampte van die Skema en is dit my verantwoordelikheid om te verseker dat die Skema se bedryfsplanne ingestel is op die doeltreffende en behoorlike uitvoering van die strategiese plan wat die Raad goedgekeur het, en verder, dat gereelde geskeduleerde verslaggewing rakende die prestasie-aanwysers in die plan plaasvind.
Gedurende die oorsigjaar is die Raad voorsien van kwartaallikse en ad hoc-vorderingsverslae van werk gedoen rakende die prestasie-aanwysers in die Strategiese Plan. 'n Finale verslag is op 10 Desember 2009 aan die Raad voorgelê, waarin bevestig is dat 96% van die prestasie-aanwysers in die praktyk bereik is.
Die Strategiese Plan het gedien as die allesomvattende riglyn vir die bestuur in die finansiële jaar 2009. Op hierdie grondslag dien ek hierdie verslag met betrekking tot die Strategiese Plan in. Aanvullende inligting oor sleutel-sakeaanwysers, tendense en statistiek word in die Raad van Trustees se Verslag op bladsye 23 tot 50 van hierdie verslag verskaf.
Om GEMS doeltreffend te bemark en te posisioneer as 'n Uitnemende Mediese Skema vir alle lede en potensiële lede, en die getal werknemers sonder dekking in die staatsdiens beduidend te verminder.
Die ledetal het op 31 Desember 2009 op 409,804 gestaan, wat groei van meer as 100,000 hooflede in 2009 beteken. Dit verteenwoordig jaar-op-jaar-groei van 36% vergeleke met die aantal hooflede van 300,536 op 31 Desember 2008. Meer as 150,000 werknemers op die salarisvlak 1 - 5 het teen 31 Desember 2009 by GEMS aangesluit.
Die suksesvolle inwerkingstelling van die Sisonke-projek het behels dat vier bemarking-SMS'e kwartaalliks aan ongedekte werknemers op salarisskale 1 - 5 gestuur is en drie suksesvolle radioveldtogte in die jaar onderneem is.
Die teikengehore van hierdie veldtogte het goed gereageer en die Skema sal in 2010 voortgaan met hierdie suksesvolle veldtogte.
Heelwat meer as 1,320 aanbiedings en uitstallings is gedurende die jaar gehou. Belangrik is dat wedersydse verhoudinge tussen die Skema en Staatsdepartemente versterk is deur die ondersteuning van meer as 250 gesondheid- en welstandsdae.
Die Skema se strategie om met verskaffers te skakel is versterk deur die ontwikkeling en instelling van 'n Nuusbrief vir Gesondheidsorgverskaffers, wat elke kwartaal na meer as 28,000 gesondheidsorgverskaffers versprei is. Altesame 594 nuusbriewe vir personeelpraktisyns is ook elke kwartaal versprei. Verskeie artikels is ook kwartaalliks in vakbondpublikasies, gesondheidsorgpublikasies, departementele nuusbriewe en nuusbriewe van die staatspensioenfonds (GEPF) geplaas.
n Driejaarplan vir die geleidelike vertaling van Skemastukke het in 2009 begin en alle bemarking- en kommunikasiedokumente, insluitende die Reëls van die Skema, sal in alle amptelike tale vertaal word. In 2009 is nuusbriewe aan lede vertaal en op die GEMS-webtuiste beskikbaar gestel.
Die GEMS-kraamprogram is op 1 Mei 2009 bekendgestel en het ten doel om lede van die Skema vrye toegang tot ondersteuning, opvoeding en raad deur al die fases van swangerskap, bedgebondenheid en die nageboorte-tydperk te bied. Voordele en dienste wanneer by die program aangesluit word, sluit 'n GEMS-boek in oor swangerskap, geboorte en die eerste fase van ouerskap; asook 'n kraamsak; inligting vir lede oor beskikbare voordele; 'n gesondheidsorgplan en voortgesette telefoniese raad en ondersteuning.
Meer as 10,000 gesondheidsorgverskaffers het vir die Friends of GEMS-program geregistreer en die Skema het die program se welslae aktief gemonitor deur te kyk na die lede wat suksesvol die kontakbesonderhede verkry het van gesondheidsorgverskaffers wie se tariewe ooreenstem met dié waarvolgens die Skema uitbetaal.
Ledekommunikasie in die tydperk van 1 Januarie 2009 tot 31 Desember 2009 het die verspreiding van verskeie informatiewe nuusbriewe ingesluit, waaronder kwartaallikse nuusbriewe sowel as ad hoc-nuusbriewe om lede aan nuwe dienste bekend te stel. Meer as 340,000 eksemplare van 2008 se Jaarverslag is gemaak en teen 29 Mei 2009 aan lede versprei. Die Skema is trots op die manier waarop aan lede verslag gedoen word.
Die Skema se tweede peiling oor ledetevredenheid is in die vierde kwartaal van 2009 gedoen met die finale bevinding en ontleding wat op 10 Desember 2009 aan die Raad van Trustees voorgelê is. Die peiling se bevinding is dat 77.6% van die lede tevrede is met die Skema se dienste en dat die Skema se waarde-onderneming strook met lede se behoeftes.
Om 'n gesonde stelsel van korporatiewe beheer, gebou op verantwoordbaarheid, voldoening aan wetsvereistes en doeltreffende belanghebberverhoudinge te handhaaf.
Doeltreffende sekretariaatdienste is in die oorsigtydperk aan die Raad van Trustees en die Komitees van die Raad gelewer ooreenkomstig die Skema se goedgekeurde Beleid rakende Korporatiewe Beheer. Maatreëls wat in die beleid vervat is, verseker dat die beheerstrukture van die Skema optimaal funksioneer.
Waar trustees en komiteelede in vorige jare deurentyd opleiding ontvang het, is 'n formele trustee-opleidingsbeleid in 2009 opgestel om te verseker dat trustee-ontwikkeling en oriëntering ooreenkomstig 'n geformaliseerde program geskied. Verwagte veranderinge aan die Raad van Trustees in die tydperk tot einde Desember 2010 vereis dat groter klem op intrede-opleiding vir nuwe trustees geplaas word.
Die Skema se stelsel van korporatiewe beheer is verder verbeter deur die instelling van gesondheidskontrolering vir trustees en werknemers. Die doelstelling van die kontroleringsprosedure is om te bevestig dat trustees, onafhanklike komiteelede en werknemers gesond en geskik is om 'n pos te beklee. 'n Onafhanklike diensverskaffer is aangestel om die vereiste
Die derde Algemene Jaarvergadering van Lede van GEMS is op 30 Junie 2009 te Nelspruit, Mpumalanga, gehou. Daar was 91 lede teenwoordig by die AJV en al die resolusies wat ter tafel gelê is, is aanvaar.
Om die Skema se dienste en bedryfsbeheer te handhaaf en te optimaliseer met uitnemende diensleweringsvlakke en doeltreffende lededienste n Eersteklasbestuurstrategie is uit 'n interne hersieningsproses gebore om kwessies rondom debiet- en kredietsaldo's, PERSAL-voorleggings, pensioentrekkerlede, skorsing van lede en wagtende aansoeke uit te sorteer. Hierdie hersiening het 'n algehele afname van 50% in klagtes van geassosieerde lede meegebring.
Die vertoning van diensverskaffers is aktief bestuur en doeltreffend verbeter om uitdagings wat geïdentifiseer is, te hanteer. Vertoning is aktief teen kontraktuele verpligtinge gemeet en verslag daaroor gedoen na aanleiding van planne en strategieë.
Koppelmeganismes vir eise is ontwikkel en toegepas om doeltreffende indiening, monitering en bestuur van eise in die openbare gesondheidsektor te verseker. Algeheel was meer as 99% van eisverwerkings deur die Skema in 2009 korrek.
n Handleiding vir die verwerking en terugbetaling van eise verwant aan Voorgeskrewe Minimum-voordele (VMV's) is onwikkel. Dit het die suksesvolle inwerkingstelling van 'n geoutomatiseerde VMV-oplossing tot gevolg gehad, wat toegepas word in ooreenstemming met Aanhegsel G van die Skema se Reëls en die bepalings van die Wet op Mediese Skemas. Die VMV-handleiding is deur die Skema opgestel om te verseker dat die vereistes gestipuleer in die Raad op Mediese Skemas se Omsendbrief 37 van 2009 nagekom word.
Al die Skema se kontrakte met verskaffers is hersien. Bestaande kontrakte is behou en kontrakte vir nuwe dienste vir die voorsiening van Gesondheid- en Welstandstoetse, 'n Kraamprogram en Kommunikasiedienste is suksesvol in werking gestel.
Die Diensvlakooreenkoms-oudit vir 2009 is deur die Skema se interne ouditeur gedoen en die Skema se bestuur van kontrakte, sowel as die diensleweringsomgewing, is as bevredigend aangeslaan.
In 2009 het GEMS voortgegaan om te verseker dat sy databestuursproses in stand gehou en alle data veilig en suksesvol gerugsteun is. Alle REF-opgawes was akkuraat en is betyds by die Raad op Mediese Skemas ingedien.
Die proses om MEDCOR se sake na GEMS oor te dra, is geïnisieer. 'n Oorname-handleiding en Ontbindingsprojekplan is opgestel en het die grondslag gevorm van die MEDCOR-implementeringsplan.
Die opname van die werknemers van die Raad op Mediese Skemas, die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys van Mpumalanga (NIHO) en die Raad op Hoër Onderwys (RHO) is gefinaliseer en die werknemers van hierdie entiteite is by die Skema geregistreer. Die Skema se Bedrogbestuursbeleid is in werking gestel en die Skema se Bedrogforum het toesig oor die werk gehou, met ondersoekondersteuning van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE).
GEMS se model vir bydraes en voordele vir 2010 is op 25 September 2009 aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê en is teen 31 Desember 2009 suksesvol met betrekking tot alle diensverskaffers in werking gestel.
Om oorskotte te behaal, voldoende reserwes op te hoop en gesonde rekenkundige standaarde te handhaaf
Die Skema het R8.9 miljard in bydraes ingesamel en R7.9 miljard aan eise uitbetaal, wat 'n bruto gesondheidsorgoorskot van R774 miljoen vir die jaar tot gevolg gehad het. Kostes buite die gesondheidsorgsfeer is streng bestuur en verteenwoordig 7.19% van bruto bydrae-inkomste. Beleggingsopbrengste van 5% is behaal deur die konsekwente toepassing van die Skema
Bringing health within your reach lewensvatbaarheidstudie te doen, 'n uiteensettingsdokument en 'n implementeringsplan op te stel en die take rondom die implementering van die oordrag te bestuur. Die lewensvatbaarheidstudie het bevestig dat die transaksie lewensvatbaar is en gebiede wat kommer wek, uitgelig. Die uiteensettingsdokument is aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê ingevolge Artikel 63 van die Wet op Mediese Skemas. Die Reëlingskomitee onder voorsitterskap van Damaria Pholosi het in die praktyk toesig oor die werk van die Transaksie-adviseur en die totale oordragplan gehou.
Die Skema het die beleggingstrategie in die loop van die jaar hersien en die voortgesette toepassing van die strategie in die res van die jaar bevestig. Die Skema het fondse in vaste deposito's en daggeldrekeninge by vyf finansiële instellings belê.
Optimale beleggingsopbrengste is behaal op die fondse wat in hierdie instellings belê is. Beleggingsinkomste as 'n persentasie van bydrae-inkomste het op 31 Desember 2009 op 0.90% gestaan.
Die vertoning van beleggingsopbrengste is maandeliks gemonitor deur die maandelikse bestuursrekeninge en daar is formeel daaroor verslag gedoen in 'n kwartaallikse verslag oor beleggingsprestasie. Vir hierdie doel het die Skema 'n kwartaallikse maatstafverslag opgestel oor die resultate van die beleggingstrategie wat toegepas is. Hierdie verslae het bevestig dat die opbrengste wat behaal is baie met die mark ooreenstem. Selfs gedurende die ekonomiese resessie van 2009 het die Skema daarin geslaag om fondse versigtig te belê en optimale opbrengste te verseker.
n Beduidende volume werk is in 2009 gedoen om finansiële beheer en stelsels te optimaliseer sodat gebiede geïdentifiseer kan word waar opknapping nodig is. 'n Streng ouditplan, bestaande uit interne en eksterne ouditwerk, is in die loop van die jaar onder toesig van die Ouditkomitee uitgevoer.
Die verkryging van 'n ongekwalifiseerde ouditverslag in ons vierde jaar van bedryf dien as bevestiging van die mate waartoe die bestuur en Raad pligsgetrou gewerk het om die Skema se bates en die belange van lede te beskerm.
Om dinamiese gesondheidsorgbestuur in te stel wat die Skema se kliniese risikoprofiel sal verbeter
Die Strategiese Plan vir 2009 het wegbeweeg van 'n stelsel gegrond op versekeringsdekking na een waar individuele lede toegang tot toepaslike gesondheidsorgdienste het, met voldoende "wigte en teenwigte". Die werk wat die grondslag lê vir die verskuiwing weg van 'n versekeringsgegronde stelsel is gedoen onder die strategiese doelwit om dinamiese gesondheidsorgbestuur in te stel wat die Skema se kliniese risikoprofiel sal verbeter.
Die Raad het 'n verkrygingsplan vir 2009 goedgekeur wat die Skema se bestuurdesorgdienste volgens dissipline gehanteer het - waar bestuurdesorgdienste voorheen volgens voordele-opsie toegedeel is. Tenders is op 13 Mei 2009 vir die volgende dienste uitgereik:
Bestuurde-gesondheidsorgdienste, insluitende gesondheidsorg-verskaffingsnetwerkbestuur aan alle geregistreerde voordele-opsies;
Strategiese bestuurdesorgdienste vir alle geregistreerde voordele-opsies van GEMS;
Die voorsiening van chroniese medikasie aan begunstigdes op alle geregistreerde voordele-opsies van GEMS deur middel van 'n gesentraliseerde medisyneverskaffer (koerier-apteek); en
MIV-Siektebestuursdienste aan begunstigdes op alle geregistreerde voordele-opsies van GEMS.
Voorkeurverskaffers is op 31 Julie 2009 deur die Raad van Trustees geïdentifiseer en die kontrakteringsproses is teen Oktober 2009 gefinaliseer.
As gevolg van die herstrukturering van bestuurdesorgdienste is kapitasiereëlings vir 2010 opgeskort en gesondheidsorg-risikobestuur van al die Skema se voordele-opsies, insluitende Beryl en Sapphire, na die Skema se bestuurdesorgverskaffer oorgedra. Werk is gedoen om die nuwe GEMS-netwerk vir Beryl- en Sapphire-begunstigdes en die spesiale tariewe vir implementering in 2010, te ontwikkel en te vestig. GEMS se Netwerkkontrakte vir alle Skema-opsies sluit die registrasie van
Bringing health within your reach die verskaffers op die Friends of GEMS-netwerk in. Lede wat geraak word het teen 31 Desember 2009 omvattende inligting ontvang om die gewysigde dienste aan hulle bekend te stel.
Die Skema se voordele vir 2010 en gesondheidsorgbegrotings vir die bestuurdesorg-organisasies deur die Skema gekontrakteer, is opgestel op grond van streng aktuariële en finansiële ontledings.
Aansporings vir die haal van bestuurdesorg-prestasieteikens vir die Beryl- en Sapphire-opsies is in die Skema se bestuurdesorg-kontrakte vir 2010 opgeneem.
Werk om alternatiewe terugbetalingsreëlings te tref, het begin met die bekendstelling en implementering van 'n loodsprojek tussen die Skema en KZN se Netwerk van Spesialiste. Die doelwit van die loodsprojek is om die moontlike vermindering van gesondheidsorgkostes wat kan spruit uit 'n samewerkingsinisiatief tussen die Skema en 'n netwerk van gesondheidsorgverskaffers te bepaal en te meet. Hospitaalgroepe is ook betrek rakende alternatiewe terugbetalingsreëlings vir dienste gelewer.
n Ontwerp-projek vir die ontwikkeling van individuele risikoprofiele vir GEMS se begunstigdes is geskep en in werking gestel. Dit sal gebruik word om vernuwende voordele-modelle op te stel, gemik op die bevordering van toegang tot gesondheidsorgdienste op medium termyn vir GEMS se begunstigdes.
GEMS se sleutel-gesondheidstendense is aan die Departement
Administrasie oorgedra ter ondersteuning van die ontwikkeling van gesondheid- en welstandsprogramme in die werkplek.
Die Skema het verskeie korporatiewe maatskaplike-verantwoordelikheidsinisiatiewe in die oorsigtydperk van stapel gestuur. Een van die projekte het die identifisering van drie skole in 'n minderbevoorregte gemeenskap in KwaZulu-Natal behels. Die drie skole is met infrastruktuurverbeterings en toerusting gehelp, soos die vervanging van gebreekte vensters en opknapping van kleedkamers.
Om risiko pro-aktief en doeltreffend te bestuur met die oog daarop om die Skema se blootstelling aan verliese te beperk
Risikobestuur is ingebou in alle aspekte van die Skema se sake en alle bedryfsplanne sluit risikobestuur as 'n sleutel-prestasiegebied in. In ooreenstemming met die Skema se goedgekeurde Risikobestuursbeleid het die Skema se jaarlikse risikobestuursiklus in Februarie 2009 begin met die deurvoer van 'n assesering van strategiese risiko deur die Skemabestuur om strategiese risiko's wat die Skema in die gesig staar, te identifiseer. Die Skema se register van strategiese risiko is bygewerk op grond van hierdie werk en alle interne ouditwerk is in verband gebring met geïdentifiseerde prioriteitsrisiko's. 'n Saamgestelde versekeringsplan wat toon dat alle geïdentifiseerde risiko's gedek was deur verantwoordelike partye, is met die nodige versekering aan die Raad van Trustees voorgelê.
Benewens die strategiese risiko's is bedryfsrisiko's pro-aktief geïdentifiseer en risiko-verminderingsmaatreëls opgestel vir inwerkingstelling in die tydperk onder beskouing. Alle risiko-bepaling en -verminderingstrategieë is deur die Raad goedgekeur en deur die Ouditkomitee oorweeg. Die Hoofbeampte het die Raad van kwartaallikse vorderingsverslae voorsien rakende die implementering van die goedgekeurde risikoverminderingsmaatreëls en nakoming van die Skema se risikobestuursbeleid is in Desember 2009 bevestig.
Die Skema se Risikobestuursbeleid is verder hersien om die korrekte verwysings na die King III-verslag oor Korporatiewe Beheer in te sluit.
GEMS se Verkrygingsplan vir 2009 is op 26 Maart 2009 deur die Raad van Trustees goedgekeur en dienste is in 2009 dienooreenkomstig verkry.
Die Skema se Aanbodketting-bestuursbeleid is nagekom en die maatreëls rondom etiese korporatiewe beheer, wat in 2008 ingestel is, is ook in die tydperk onder beskouing toegepas.
Uitdagings en kwessies rondom wetsnakoming
Die Appèlraad van die Raad op Mediese Skemas het in September 2008 teen GEMS beslis met betrekking tot die voorlegging van 'n pediater se eis om Modifiseringskode 0019 en die Raad het GEMS se betaling van hierdie eise vanaf November 2008 goedgekeur omdat die Kode ook ingesluit is in die 2009-konsep van Nasionale Gesondheid se Verwysingspryslys (NHRPL). Die finale 2009-NHRPL het egter nie die terugbetaling van pediater-eise teen Modifiseringskode 0019 ingesluit nie en GEMS het regdeur 2009 hierdie eise uitbetaal. Hierdie saak het tot die Raad se aandag gekom en gevolglik is goedgekeur dat GEMS sou voortgaan om Modifiseringskode 0019 uit te betaal as dit deur pediaters geëis word.
Die Raad van Trustees het dit voorheen goedgekeur dat GEMS die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking moet help om 'n internasionale voordele-opsie te ontwikkel vir werknemers wat in die buiteland uitgeplaas is. Aanvanklike beplanning, aktuariële werk en oorlegpleging met die Raad op Mediese Skemas is onderneem, maar die proses het gestol omdat toepaslike data vanaf die Departement en die mediese skemas waar die werknemers tans geregistreer is, ingewag is. GEMS bly verbind daartoe om die proses vorentoe te neem. Die data is uiteindelik ontvang en werk is in die laaste deel van 2009 hervat.
Die maandelikse sukseskoers van lede wat die Friends of GEMS-diens gebruik, het onder 50% gebly. Verskeie stappe is deur die bestuur gedoen om die sukseskoers te verbeter, insluitend die verspreiding van 'n spesifieke "hoe om"-brosjure aan lede. Met die bekendstelling en voortgesette verspreiding van herhaalde boodskappe word verwag dat die sukseskoers mettertyd sal verbeter.
Die Skema se reserweverhouding het nie aan die vereistes van Regulasie 29 van die Wet op Mediese Skemas voldoen nie. Die Skema het in die oorsigtydperk beduidende groei in ledetal ondervind en dit het die Skema se reserwevlakke en solvensieverhouding verswak. Die solvensieverhouding is ook geraak deur die hoër as begrote verhogings in Nasionale
Gesondheid se Verwysingspryslys (die tariewe wat deur die Skema gebruik word om eisterugbetalings te bepaal) en verhogings by die Enkel-uitgangsprys (EUP) vir medikasie gedurende die oorsigtydperk, wat reserwes met 0.89% laat afneem het. Verder is die eise ontvang, wat in 2009 hoër as verwagting was, toegeskryf aan verskeie epidemies (soos griep, varkgriep en RSV-lugweginfeksie) en 'n toename in die aantal kiesprosedures wat in hospitale gedoen is. Die solvensieverhouding van 11.08% op 31 Desember 2009 is onder die vlak van 11.93% goedgekeur deur die Registrateur in 2007, wat gevolg het op die goedkeuring van die sakeplan wat deur die Skema aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê is. Die Skema het dadelik aan die Raad op Mediese Skemas verslag gedoen ingevolge Artikel 29 van die Wet op Mediese Skemas. Wat belangrik is, is dat die werklike opgehoopte fondse met ongeveer 36% van R732 miljoen tot R986 miljoen gestyg het, maar dit was nie genoeg om by te hou by die styging van 59% in die jaarlikse bydrae-inkomste nie.
Die Onyx-opsie is die enigste voordele-opsie wat 'n tekort vir die oorsigjaar verklaar het en nie daarin geslaag het om aan die bepalings van artikel 33 van die Wet op Mediese Skemas te voldoen nie. Die verliese by hierdie opsie is verwant aan die groot aantal eise, chroniese siektes en toelatingskoers van begunstigdes op hierdie opsie, sowel as die feit dat meer as 20% van begunstigdes op hierdie opsie pensioentrekkers is (drie maal hoër as die persentasie pensioentrekkers vir die fonds as geheel). Die waarde en frekwensie van eise het vooruitskattings oorskry, beide wat nuwe en bestaande Onyx-lede betref. Die voordele en bydraes is egter in 2008 vir 2009 gewysig om die eise-situasie te verbeter en die spektrum van lidmaatskap van die opsie te verbreed. Die Registrateur het die sakeplan van die opsie om op medium termyn selfvoorsienend te word, goedgekeur en geskeduleerde verslaggewing is gedoen. Belangrik is dat die Onyx-opsie as 'n voordele-opsie vir 2010 geregistreer is ná die voorlegging van die sakeplan vir 2010.
ie derde dag van die om te alle tye hul deel te lewer, word ten seerste waardeer. Vergun my ook om waardering uit te spreek vir die werk van die Uitvoerende lid: Finansies, Karyna Pierce, vir die verkryging van 'n ongekwalifiseerde ouditverslag, die Uitvoerende lid: Korporatiewe Beheer en Belanghebbersverhoudinge, Jeannie Combrink, vir 'n doeltreffende AJV, die Uitvoerende lid: Kommunikasie en Ledesake, Liziwe Konyana, vir die verhoogde bemarkingsteenwoordigheid van GEMS en die Uitvoerende lid: Kontrakte en Bedryf, Bella Mfenyana, vir 'n gesonde kontrakomgewing.
Ek wil al die personeellede bedank en gelukwens met hul voortgesette groei en ontwikkeling. 'n Spesiale dankie moet gaan aan die lede van die Reëlingskomitee, naamlik Damaria Pholosi (Voorsitter), Charles Irumba en Nokukhanya Zwane, wat die MEDCOR-transaksie bykomend tot hul normale pligte suksesvol bestuur het.
Ek wil David Makgalo ook bedank vir die inwerkingstelling van GEMS se Personeelopleidingsprogram regdeur die Staatsdiens in die tweede kwartaal van 2009.
Diensverskaffers
Ek wil hierdie geleentheid gebruik om die werknemers van die diensverskaffers wat deur die Skema gekontrakteer is om dienste te lewer, te bedank. Hierdie werknemers het verskeie uitdagings gedurende die oorsigtydperk oorkom, maar het deurgaans hul verbintenis tot die begunstigdes van die Skema getoon.
Minister vir die Staatsdiens en Administrasie
Ek wil die Minister hartlik bedank dat die Skema in staat gestel is om te gedy en vir sy gewig agter Skema-geleenthede en prosesse.
Raad op Mediese Skemas
Die Waarnemende Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Craig Burton-Durham, en sy span wat op 'n gereelde basis met GEMS skakel, se leiding is van onskatbare waarde en die kundigheid wat aan die Skema beskikbaar gestel word wanneer nodig, word opreg waardeer.
Die voormalige Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Patrick Masobe, sowel as die voormalige waarnemende Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Patrick Matshidze, word ook bedank vir hul leiding en ondersteuning aan GEMS gedurende die tydperk onder beskouing.
Aan my gesin
Laastens moet 'n spesiale woord van dank gaan aan my pragtige vrou en kinders, wat my toegelaat het om na my pligte as Hoofbeampte om te sien, van wat steeds die staat se uitstekende mediese skema is.
Die Raad van Trustees lê hiermee hul jaarverslag vir die jaar tot 31 Desember 2009 voor.
Registrasienommer: 1598
BESKRYWING VAN DIE MEDIESE SKEMA
Voorwaardes van registrasie
Die Mediese Skema vir Staatswerknemers (GEMS) is 'n mediese skema sonder winsbejag met beperkte toegang geregistreer ingevolge die Wet op Mediese Skemas, 131 van 1998 (die Wet), soos gewysig.
Voordele-opsies binne die Mediese Skema vir Staatswerknemers (GEMS)
Vyf voordele-opsies, soos waarvoor voorsiening gemaak is in die geregistreerde Skemareëls, is in 2009 aan lede gebied, naamlik:
Spaarplan
Die spaarplanverpligting verteenwoordig spaarplanbydraes, wat die depositokomponent is van die versekeringskontrakte wat tussen die lede en die Skema gesluit is, minus die eise wat deur die Skema namens sy lede uit die spaarverpligtinge betaal is. Die depositokomponent is ontbondel omdat die Skema die depositokomponent apart kan meet en sy rekenkundige beleid nie andersins vereis dat alle verpligtinge en regte wat uit die depositokomponent voortspruit, erken word nie. Die versekeringskomponent van die lede se totale maandelikse bydraes word erken ooreenkomstig IFRS 4 (Internasionale Standaard vir Finansiële Verslagdoening).
Die spaarplanverpligting, naamlik die depositokomponent, word erken in ooreenstemming met IAS 39 (Internasionale Rekenkundige Standaard) en word teen koste bepaal omdat dit 'n vraagkenmerk het. Spaarplanbydraes word op 'n ophopingsgrondslag gekrediteer en onttrekkings op 'n kontantgrondslag gehanteer, m.a.w. geen voorsiening word gemaak vir uitstaande eise teen die jaareinde nie.
Die ooreenkomste voldoen aan die reëls van die Skema en is in ooreenstemming met trusteevereistes. Die duur van die hernieude ooreenkoms is een jaar, wat van 1 Januarie 2009 van krag is en op 31 Desember 2009 verval. Die Skema het die reg om die ooreenkomste te beëindig met 'n kennisgewing van 90 dae. Die Skema het die risiko-oordragreëling vir die Sapphire-en Beryl-opsies gedurende die jaar onder beskouing hersien en hierdie strukture in 2010 verander.
Wat voorafmagtiging vir hospitale en noodreddingsdienste betref, word tariewe bereken op grond van die getal geregistreerde lede vir die maand (geskorste lede uitgesluit). Geen rente is op die uitstaande balans van toepassing nie en dit is binne 7 dae betaalbaar.
KORPORATIEWE BEHEER EN BESTUUR
Die Raad van Trustees het toesig gehou oor die korporatiewe beheer en bestuur van die Skema. Die Raad bestaan uit twaalf personewatasopgewasseengeskikvirdieposbeskouword.SesTrusteesisdeurledeverkiesná'nTrustee-verkiesingsproses bestuur deur die Verkiesingsinstituut van Suider-Afrika (VISA) in 2007. Die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie het in ooreenstemming met die geregistreerde Reëls van die Skema ses Trustees aangestel.
Raad van Trustees in amp gedurende die oorsigjaar
Hoofbeampte se kantoor-en posadres
Geregistreerde kantoor-en posadres
Kantoor-en posadres van Mediese Skema se administrateur gedurende die jaar
Aktuarisse se kantoor-en posadres
Die Health Monitor Company is vroeg in 2010 as die Skema-aktuaris aangestel en het die finale IBNR-syfer (eise opgeloop, maar nog nie ingedien nie) soos op 31 Desember 2009 aan die Skema verskaf.
Hul besonderhede is soos volg:
Gebou 8 Grondvloer, Blok J
Aktuarisse se kantoor-en posadres
BELEGGINGSTRATEGIE
Die Skema het in 2009 in vaste deposito's vir tydperke van nie meer as ses weke nie en daggeldrekeninge belê. Die beleggingstrategie word jaarliks deur die Raad van Trustees hersien met inagneming van voldoening aan die Wet, die risiko's en opbrengste van die verskillende beleggingsinstrumente en die oorskot van geld beskikbaar. In 2009 het die Skema voortgegaan met sy beleggingstrategie om oorskotgeld in laerisiko korttermyn-rentedraende instrumente te belê.
Die Skema se beleggingsbedrywighede het dit aan 'n verskeidenheid van finansiële risiko's blootgestel, ingesluit die uitwerking van rentekoersverskuiwings. Die Skema se algemene risikobestuursprogram is toegespits op die onvoorspelbaarheid van die finansiële markte en probeer die potensiële negatiewe uitwerking op die finansiële vertoning van die Skema se beleggings tot die minimum beperk sodat verpligtinge teenoor lede nagekom kan word.
Risikobestuur en beleggingsbesluite word deur die Skema se Uitvoerende Bestuur, onder leiding van en volgens beleid bepaal deur die Raad van Trustees, behartig. Die Uitvoerende Bestuur verskaf geskrewe beginsels vir algemene risikobestuur, asook geskrewe beleid wat spesifieke areas dek soos rentekoersrisiko, kredietrisiko, die gebruik van afgeleide finansiële instrumente en hoe oorskotlikiditeit belê kan word.
OORSIG VAN DIE REKENKUNDIGE TYDPERK SE WERKSAAMHEDE
Belangrike sakestatistiek en prestasieparameters word in hierdie afdeling van die Raad se Verslag gegee om die omvang van groei in die sake van die Skema, dienste gelewer en hoe die onderneming tans vertoon, te illustreer.
Bedryfsparameters
Die tabel hieronder gee 'n ontleding van die manier waarop die Skema se gelde toegewys word aan gesondheidsorgdienste en dienste wat nie gesondheidsorg behels nie. Daarby verskaf die vergelyking van hierdie parameters begrip van die mate waarin die Skema gegroei het en sy grootte benut om ekonomiese skaalbesparings tot voordeel van die lede te verkry.
Gauteng en KwaZulu-Natal is gebiede met aansienlike groeipotensiaal omdat hulle die grootste aantal staatsamptenare het. Hoewelproporsioneelminderwerknemersinhierdietweeprovinsiesledeis,onderskeidelik25.40%en32.89%,verteenwoordig hulle 41% van GEMS se totale aantal lede.
Die groei in ledetal regdeur 2009 het gelei tot die aansluiting van 109,000 nuwe lede gedurende die jaar. Die groter ledetal het 'n toename in die aantal en verskeidenheid eise wat ontvang, verwerk en uitbetaal is, veroorsaak. Die Skema het altesame 47 miljoen eise in 2009 geskik (teenoor 32 miljoen in 2008).
Die toename in voordele-uitgawes van April tot September van elke jaar is seisoensverwant (naamlik wintermaande). Die Skema ondervind gewoonlik 'n eisbetalingsiklus van 4 weke, maar die stygings gedurende die maande Julie en Augustus is weens eisvoorkomssiklusse met langer verwerkingstydsduur, naamlik eissiklusse van 5 weke. Die verhouding van eise wat in Desember 2009 ondervind is, was 72.06% vergeleke met 41% in Desember 2008. Hierdie groter bedrywigheid kan toegeskryf word daaraan dat Desember meer diensdae (34 dae) het as November (28 dae). Diensverskaffers was ook gouer met die indiening van hul eise vir Desember, met meer as 60% van eise wat in Desember geskik is wat betrekking op dienste gelewer in daardie maand gehad het.
Soos getoon in die tabel hieronder, het die Skema hom toegespits op die uitbreiding van Aangewese Diensverskaffernetwerke (ADV) om redelike toegang tot sorg vir lede te verseker deur geoplanne te gebruik om lede by ADV-netwerke te laat inskakel.
Jul 09
Oogkundiges 1,082 1,106 1,130 1,130 1,144 1,152 1,160 1,138 1,160 1,220 1,220 1,234
Tandartse 1,073 1,083 1,103 1,117 1,121 1,125 1,132 1,137 1,132 1,134 1,134 1,137
Algemene Praktisyns 2,682 2,695 2,746 2,760 2,785 2,786 2,797 2,807 2,806 2,805 2,825 2,832
Hospitale 250 251 268 270 270 270 270 270 270 270 271 276
Aptekers 981 981 965 965 965 965 965 965 965 965 953 953
Die bevordering van toegang tot die ADV-netwerk vir lede van die Sapphire-en Beryl-opsies is nie net beperk deur die numeriese groei in die netwerk se ledetal nie, maar ook die ligging van elke netwerkverskaffer teenoor die van die lede se huise en werkplekke. Meer as 90% van lede op die Sapphire-en Beryl-opsies bly en werk binne 10 km van 'n netwerkverskaffer. 'n Geoplan van netwerkdekking relatief tot lidmaatskap word hieronder gegee.
Die grafiek hieronder som die groei in ledetal en gesinsgrootte van GEMS van Januarie 2009 tot 31 Desember 2009 op.
Die Skema se lidmaatskap het in die lopende jaar met gemiddeld 36% van 300,536 (824,738 begunstigdes) hooflede einde 2008 tot 409,304 (1,147,897 begunstigdes) einde 2009 gegroei. Alle opsies het in 2009 positiewe groei getoon. Soos in 2008 het die Emerald-opsie in nominale terme (277,121 begunstigdes, of 46% vergeleke met 2008) die vinnigste gegroei. Die Beryl-opsie het die kleinste nominale groei (3,314 begunstigdes) ondervind. Die grafiek hieronder illustreer die lidmaatskapspreiding volgens opsies soos op 31 Desember 2009.
Die Emerald-opsie bly die grootste voordele-opsie (76.6% van hooflede), terwyl die Beryl-opsie steeds die Skema se kleinste voordele-opsie is (2.8% van hooflede). Die Sapphire-opsie het die hoogste persentasiegroei per lid per maand vergeleke met die res behaal. Hierdie opsie het hierdie hoë groeikoers in vyf agtereenvolgende maande tot Desember behaal, wat die welslae van die Skema se teikengerigte bemarkinginisiatiewe oor die betrokke maande bevestig.
Die groei in begunstigdes per voordele-opsie in 2009 word hieronder aangegee. Die Beryl-en Onyx-opsies toon maandelikse groeikoerse van minder as 1%.
Die Onyx-opsie het steeds die oudste lede met begunstigdes gemiddeld 36.0 jaar oud, terwyl die Ruby-opsie die jongste lede het met begunstigdes gemiddeld 26.3 jaar oud. Die gemiddelde ouderdom van GEMS-begunstigdes is 27.1 jaar. Die proporsie van begunstigdes ouer as 65 het van 2.34% in Desember 2008 tot 2.46% in Desember 2009 toegeneem.
Die verhouding van kinderafhanklikes tot hooflede van GEMS het in 2009 effens van 1.20 tot 1.28 toegeneem, terwyl die verhoudingvanvolwasseafhanklikesvan0.54tot0.53afgeneemhet.DieSkemahet'ntoenameindiegemiddeldegesinsgrootte as 'n netto resultaat van bogenoemde beleef.
Die gemiddelde gesinsgrootte van lede van GEMS was 2.75 in 2008. Die Sapphire-en Emerald-opsies het die grootste gemiddelde gesinsgroottes (onderskeidelik 3.41 en 2.81). Die grafiek hieronder illustreer die afhanklike-verhouding (aanduiding van gesinsgroottes).
Alle GEMS-opsies weerspieël 'n hoër persentasie vroulike begunstigdes teenoor manlikes. Die Sapphire-en Beryl-opsies was egter die enigste opsies wat 'n groter persentasie manlike as vroulike hooflede gehad het. Die Skema het in 2009 56.6% vroulike begunstigdes gehad (56.4% in 2008). Die oorheersing van vroulike begunstigdes is te verwagte gegewe die groot aantal vroue wat in die gesondheid-en onderwyssektor werk.
Van die Sapphire-en Beryl-opsies het Beryl die grootste persentasie laerinkomsteverdieners (minder as R3,000) terwyl die Onyx-en Emerald-opsies die hoogste persentasie hooflede het wat meer as R6,000 per maand verdien. In die algemeen verdien 31,3% van GEMS-lede minder as R6,000 per maand (pensioentrekkers ingesluit).
Die Onyx-opsie weerspieël steeds teen 15.0% 'n betekenisvol hoër pensioentrekkerverhouding as die res van die opsies soos Sapphire (1.2%), Beryl (4.0%), Ruby (1.9%) en Emerald (2.2%). Die werklike aantal begunstigdes ouer as 65 het stelselmatig in hierdie tydperk gestyg (van 20,090 in Desember 2008 tot 28,299 in Desember 2009). Die pensioentrekkerlede op die Skema word geïdentifiseer deur 'n pensioenaanwyser te gebruik, sowel as bevestiging van die status van voortgaande lede.
Die jaar 2009 het 'n toename in dekking van kwalifiserende werknemers nasionaal getoon. Die Wes-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap het die hoogste syfers van werknemers wat dekking het. Die grafiek hieronder toon dat die Oos-Kaap die hoogste persentasietoename in lede (53.64%) gehad het, gevolg deur Mpumalanga (39.76%) en dan die Vrystaat (38.08%).
Eise-ervaring
Die uitbetaling van eise verteenwoordig 'n groot deel van die werk wat GEMS doen.
Die Skema het gedurende 2009 redelik goed vertoon en meer bydraes ingesamel as wat aan eise en uitgawes vir al die opsies behalwe Onyx bestee is. Die volgende tabel som die vertoning van die onderskeie GEMS-opsies in 2009 op.
Algeheel was die totale in-hospitaaleise ongeveer 6.23% laer as waarvoor begroot is. Die kategorieë vir in-hospitaaleise wat die grootste persentasie-afwyking van die begroting ondervind het, naamlik laer as verwagte eise, was MIV/VIGS, kaak-en-gesig en kraamvoordele. In nominale syfers was die afwyking van die begroting vir kaak-en-gesigseise en MIV/VIGS egter marginaal (naamlik 'n afwyking van minder as R0.20 per lid per maand van die begroting).
Die kategorieë binne-hospitaaleise wat die grootste persentasie-afwykings van die begroting ondervind het, naamlik hoër as verwagte eise, was borsverkleinings, interne en eksterne prosteses, orgaanoorplantings en nierdialise. In nominale syfers was die grootste afwyking vir in-hospitaaleise van die begroting vir algemene hospitalisasie, naamlik R57.59 per lid per maand minder as wat verwag is, wat die primêre rede was vir die laer as verwagte in-hospitaaleise vir 2009.
Buite-hospitaaleise was algeheel beduidend hoër as wat verwag is, naamlik 18.77% hoër as verwag. Die koste van alle buite-hospitaaleisebehalweultraklank-skanderingsperswangerskapwashoëraswatverwagis.Dieeise-kategorieëwatdiegrootste persentasie-afwyking van die begroting ondervind het, was gespesialiseerde tandheelkunde, MIV/VIGS en tuisgeboortes. Behalwe vir MIV/VIGS was die afwyking van die begroting in nominale terme wat in hierdie kategorieë ondervind is, egter onbeduidend.
Die grootste nominale afwyking van die begroting vir buite-hospitaaleise was vir buite-hospitaalspesialiste, akuut en selfmedikasie, MIV/VIGS en gespesialiseerde tandheelkunde. Hierdie eise was in wese die hoofredes vir die afwyking van die begroting ondervind in buite-hospitaaleise in 2009.
Die Beryl-en Sapphire-opsies is netwerkopsies waar GEMS die eisrisiko na die Aangewese Diensverskaffer (Prime Cure) oorgeplaas het in ruil vir die beperking van sorg aan netwerkverskaffers alleenlik.
Die Skema het gedurende die jaar begin met 'n veldtog om gebruikmaking van voorkomende sorg by lede op die Beryl-en Sapphire-opsies te bevorder. Die inligtingsveldtog het tot 'n beter begrip van die voordele en benutting van die opsie gelei.
Dieselfde geld vir die Sapphire-opsie waar ADV-benutting in 2009 bokant 97% was.
Gesondheidsrisikobestuur
Diedemografieserisikoprofiel inEmeraldenRubyhetredelikstabielgebly,maarverswakinOnyxenditwordinhospitaalbenutting en kostes weerspieël. Algeheel het hospitaalbenutting op Skemavlak nie beduidend toegeneem nie, maar stygings in hospitaalkostes blyk hoofsaaklik saam te gaan met veranderinge in die mengsel van gevalle, verwant aan 'n relatiewe styging in getalle en die kompleksiteit van sekere toelatings.
In hierdie opsig was daar 'n toename in die opnames vir longontsteking, geestesgesondheid, knievervangings en artroskopie, maarbaievandieanderhoë-kostekategorieësooshartsiektesenortopediesetoelatingshetafgeneem.Kraam-enginekologiese toelatings het, hoewel steeds verantwoordelik vir die grootste deel van hospitaalkoste, afgeneem in frekwensie. Dit is die geval met beide keisersnee-en laparoskopie-prosedures. Hoewel die chroniese profiel toeneem, is die meeste medisynekoste afkomstig van milde toegang tot roetine-en toonbank-medisyne. Die klem sal in 2010 val op die bestuur van toonbank-medisynegebruik, chroniese siektes, hoërisikolede en die uitwerking op hospitaalkoste van nie net lewenstylsiektes nie, maar ook geestesgesondheid en MIV/VIGS.
Die koste-per-lewe-styging in toelatings van 16.6% hang saam met normale tariefverhogings en die verandering in die tydsduur van toelatings, soos in die grafiek hieronder aangedui.
EUP-en NHRPL-prysverhogings wat in die jaar toegestaan is, was hoër as wat voorsien is in 2009 se begroting en prysvooruitskattings. Dit het die reserweverhouding met 0.89 persentasiepunt verminder;
Groter as verwagte afwykings in die ledemengsel per opsie, demografie en afhanklikhede;
Hoër as verwagte ander uitgawes as aan gesondheidsorg;
Eise-uitgawes 7% hoër as verwag; en
Die veroudering van die lidmaatskapprofiel word duideliker.
Die Skema het egter bly groei en voldoende maatreëls is ingestel om te verseker dat die vereiste reserwes in toekomstige jare gehandhaaf en 25% teen 2011 gehaal sal word. Die groei in opgehoopte fondse van R723 miljoen tot R986 miljoen is noemenswaardig.
Reserwerekeninge
Bewegings in reserwes word in die Verklaring van Veranderinge in Fondse en Reserwes uiteengesit. Daar was geen ongewone bewegings wat die Trustees meen onder die aandag van lede van die Skema gebring behoort te word nie.
Werkgewergroepe wat laat betaal
Ingevolge Reël 13.2 van GEMS se Skemareëls en Artikel 26 van die Wet op Mediese Skemas is ledebydraes maandeliks agterstallig betaalbaar en teen nie later nie as die derde dag van elke maand. In die tydperk onder beskouing het sekere werkgewergroepe bydraes namens lede ná die derde dag van die maand oorbetaal. Die Skemabestuur het met die betrokke werkgewergroepe geskakel om die redes vir die laat betaling van bydraes vas te stel en die uitwerking van hierdie praktyk op die lede van die Skema uit te wys. Die Ouditeur-generaal is gevolglik oor die laatbetalende werkgewergroepe ingelig.
Uitstaande eise
Die grondslag vir berekenings en die bewegings in die voorsiening vir uitstaande eise word in Nota 8 van die finansiële jaarstate uiteengesit. Daar was geen ongewone bewegings wat die Trustees meen onder die aandag van lede van die Skema gebring behoort te word nie.
Die Health Monitor Company is vroeg in 2010 as die Skema se aktuarisse aangestel en het die IBNR-voorsiening (eise verwag, maar nog nie ingedien nie) soos op 31 Desember 2009 aan die Skema gelewer.
BELEGGINGS IN DEELNEMENDE WERKGEWERS VAN LEDE VAN DIE MEDIESE SKEMA
Die Skema het geen beleggings in werkgewers wat deelneem aan die Skema nie.
OUDITKOMITEE
Die Ouditkomitee ontvang sy mandaat van die Raad van Trustees in die vorm van geskrewe opdragte rakende sy lidmaatskap, magte en pligte. Die Komitee bestaan uit ses lede, waarvan twee lede van die Raad van Trustees is. Die meerderheid van lede, insluitende die Voorsitter, is nie Beamptes van die Skema of enige van sy diensverskaffers nie. Een onafhanklike lid was voorheen 'n trustee.
Die Komitee het by ses geleenthede in die loop van 2009 bygeengekom, naamlik:
Die Hoofbeampte, die Uitvoerende Lid vir Finansies van die Skema, die Finansiële Bestuurder van die Administrateur, die Skema se Interne Ouditeure en die Eksterne Ouditeure, woon op uitnodiging Komiteevergaderings by en het onbelemmerde toegang tot die Voorsitter van die Ouditkomitee.
Komiteelede is:
Dr. DP van der Nest (Voorsitter)
Ingevolge die bepalings van die Wet, is die primêre verantwoordelikheid van die Ouditkomitee om die Raad van Trustees by te staan in die uitvoering van hul pligte met betrekking tot die Skema se rekenkundige beleid, interne beheerstelsels, finansiële verslaggewing en risikobestuurspraktyke. Die Ouditkomitee het hul verantwoordelikhede in 2009 ooreenkomstig die Ouditkomitee se Handves nagekom. Die Eksterne Ouditeure en Interne Ouditeure doen formeel aan die Komitee verslag oor kritieke bevindings wat in oudits uitgelig word.
ANDER KOMITEES VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES
Die Komitees hieronder gelys ontvang hul mandate van die Raad van Trustees in die vorm van geskrewe opdragte rakende hul lidmaatskap, magte en pligte. Hierdie Komitees kom ten minste kwartaalliks byeen en soos aangedui in die jaarbeplanner wat vir elke jaar goedgekeur word. Komiteevergaderings word bygewoon deur Trustees, Skema-bestuurders en ander kundiges wat nie lede van daardie komitees is nie, in 'n raadgewende hoedanigheid. Die tabelle op bladsye 49 en 50 dui die bywoningsyfer van die onderskeie Komitees aan.
Bedryfskomitee
DieprimêreverantwoordelikheidvandieKomiteeisomdieRaadvanTrusteesbytestaaninhultaakomdiedoeltreffendewerking vandieSkemateversekerdeurtoesighouding,beoordelingenhersieningvanalleaspektevandiesake-enbedryfsbedrywighede van die Skema. Met die oog hierop help die Komitee die Raad van Trustees om skakeling te verseker tussen die onderskeie diensverskaffers sodat die bedryfsdoelwitte van die Skema nagekom word. Die Komitee help ook die Raad om groei in die Skema se lidmaatskap en uitstaande ledesake te verseker deur toesig oor kommunikasie-en bemarkingsbedrywighede.
Die Komitee het vergader op:
Komiteelede tot 31 Desember sluit in:
Dr. T Geldenhuys (Voorsitter en Trustee)
Ex Gratia-komitee
Die primêre verantwoordelikheid van die Komitee is om oor die goedkeuring van Ex Gratia-betalings aan lede van die Skema te besin, te beslis en verslag te doen. Die Komitee het die mandaat om Ex Gratia-betalings goed te keur slegs waar die toestand en die weerhouding van terapie lewensbedreigend is; die behandeling beter lewensgehalte vir die aansoeker tot gevolg sal hê; die behandeling klinies toepaslik is en gegrond op internasionaal aanvaarde bewysgegronde behandelingsriglyne en protokol; of die aansoeker die onvermoë bewys het om die behandeling op enige ander manier te finansier.
Die Komitee het byeengekom op:
Komiteelede tot 31 Desember sluit in:
Dr. E Watson (Voorsitter en Hoofbeampte)
Komitee vir Korporatiewe Beheer, Risiko en Belanghebbers
Die Komitee se mandaat van die Raad van Trustees is om gesonde korporatiewe beheer te verseker deur toesighouding, assesering en hersiening van alle strategieë, beheermaatreëls en wetnakomingsaspekte van die Skema se sake. Die Komitee se verantwoordelikhedesluitinomteversekerdatdieWetopMedieseSkemasensyRegulasies;patente-enhandelsmerkwetgewing; en enige ander regsraamwerk wat op die sake van die Skema betrekking het, nagekom word. Die Komitee het ook die mandaat om doeltreffende risiko-en belanghebberbestuur te verseker.
Die Komitee se vergaderings was op:
Komiteelede tot 31 Desember sluit in:
Dispuutkomitee
Die primêre verantwoordelikheid van die Komitee is om enige dispuut wat deur die Hoofbeampte na die Dispuutkomitee vir uitspraak verwys word, onafhanklik te oorweeg en daaroor te sit, asook om die Raad van Trustees oor die hantering van dispute in die algemeen te adviseer.
Die Dispuutkomitee het byeengekom op:
Geen dispute is in 2009 deur die Komitee ontvang nie.
Komiteelede tot 31 Desember sluit in:
